Skip to main content

As mens die naam Tulbach hoor, dink jy aan Kaaps-Hollandse huise, wyn en rye en rye druiewepriële. Dis nou as jy die breë prentjie sien.

Die werklikheid is ietwat anders.

Deelnemers aan die 2021 Absa Cape Epic mag dalk nie bewus wees van die vore rou menslike afval en gebruikte weggooidoeke wat tussen die bome en bosse deurvloei nie. Dit is afkomstig uit tydelike toilette wat in hierdie vore skoonspoel.

Iemand wat wel hiervan kan getuig, is die Landrover motorfietsryer met ‘n kamera agterop wat Joel Stransky se wedren dokumenteer. Die ryer het pens en pooitjies in die einste rioolvoor tussen die ruigtes beland.

Daar is toe besluit om ‘n tydelike bruggie te bou na hierdie voorval. (Sien foto.)

‘n Omstander, Johnathan Odendaal, wat self in Tulbach woon, vertel hoe hy die mense wat die bruggie gebou het, vertel het dat dit nie sal werk nie, maar hy is vinnig stilgemaak deur munisipale ‘ingenieurs’.

“Die k*k word verberg deur die clowns wat die sirkus run! Ek is (woon) letterlik op die stank! Die DA se handjies is glad nie so skoon as wat hulle wil voorgee nie. Dit is ons gewone mense wat dit probeer maak werk! Hopelik sal die eerbare bruin man wat nou as kandidaat in Tulbach staan hierdie k*k kan uitsorteer!”

Vandag se wedren eindig by Saronsberg Wine Estate.

Witzenberg munisipaliteit, onder DA beheer, word deur berge aan drie kante omring.

Leave a Reply

error: Content is protected !!