Die Muyexe-polisiestasie in Giyani, Limpopo, staan al sedert 2015 leeg. Die Demokratiese Alliansie daag polisieminster Bheki Cele uit om meer duidelikheid te gee oor hierdie 20,5 miljoen wit olifant.
Intussen word die gemeenskap van Muyexe deur misdaad oorval en daar word geweldige druk op die Giyani-polisiestasie, wat reeds nie genoeg hulpbronne het nie, geplaas.
“Die ‘polisiestasie’ is gebou as deel van ‘n pakket van diensleweringsingrypings om inwoners se lewens te verbeter in Muyexe. Dit vorm deel van die omvattende landelike ontwikkelingsprogram wat oud president Jacob Zuma van stapel gestuur het,” se Malatsi.
“Die plafon is besig om te verbrokkel. Daar is geen water of elektrisiteit nie. Die aanhoudingselle is nou vol spinnerakke. ‘n Paar miljoen sal ongetwyfeld weer spandeer moet word voor die gebou in gebruik geneem kan word.
“Die feit dat hierdie ‘polisiestasie’ nog steeds nie operasioneel is nie, wys dat die ANC-regering nie ‘n duit omgee oor landelike veiligheid nie.”
Die DA-regerings sê hul sal belê in om plaaslike wetstoepassing te verbeter en sal toestande aanspreek wat in die eerste plek tot misdaad lei.