Dit is nou tien jaar sedert Mu’ammar Al-Qadhdhāfī (Muammar Gaddafi) deur Libiese rebelle vermoor is. Dié land in Noord-Afrika sukkel steeds om uit die nagevolge van die geweld wat veroorsaak is deur sy omverwerping op te staan.
‘n Jaarlange skietstilstand en ‘n vredesproses onder leiding van die VN het skaars ‘n verbetering in die diep verdeeldheid gemaak, maar ontleders hoop dat die komende verkiesing die krisis sal oplos.
Gadaffi het Libië 42 jaar lank met ‘n ystervuis geregeer na ‘n staatsgreep in 1969 teen die monargie. Hy het homself as ‘n revolusionêre, Arabiese en Afrikase held uitgebeeld terwyl hy alle opposisie genadeloos verpletter het.
Sedert Gaddafi se afsterwe het Libië op streeks- en ideologiese grense in verval gegaan, met ‘n verskeidenheid maffia-agtige militia en hul buitelandse ondersteuners wat om die beheer van die olie-ryk land meeding.
“Die rede waarom ons getrou gebly het aan die ou regime, is dat die gebeure in Februarie 2011 (die begin van die opstand) slegs oorloë, verwoesting, verdeeldheid en aanvalle op die soewereiniteit van ons land meegebring het,” sê Fathi al-Ahmar, ingenieur.
Die skietstilstand waaroor in Oktober 2020 ooreengekom is, bly voortbestaan en die regering van nasionale eenheid bly die enigste regering van Libië.
Die presidensiële verkiesing is vasgestel vir 24 Desember en wetgewende verkiesings sal in Januarie 2022 plaasvind.
“Ons standpunt bly dieselfde. Ons wag vir die verwydering van politieke en wetlike beperkings op Seif al-Islam, sodat ons hom kan ondersteun,” het Ahmed Abu Hriba, joernalis, gesê.