Skip to main content

Die drywende kragvoorsiener Karpowership SA het die mededingende energiemaatskappy DNG Power Holdings daarvan beskuldig dat hy hul plan om nuwe kragopwekking vinnig aan die gang te kry vertraag en ‘gyselaar hou’. Dìt terwyl die twee energieondernemings ‘n komende hofsaak afwag.

DNG en Karpowership SA het albei ‘n bod vir ‘n regeringstender ingesit om vinnig nuwe kragproduksie by SA se net te voeg om ‘die huidige gaping op kort termyn te vul’ en om beurtkrag te verminder.

Nadat DNG die tender aan Karpowership SA verloor het vir die Risk Mitigation IPP Procurement Program (RMIPPPP) in middel Maart, het DNG beweer dat die tenderproses onwettig toegeken is en dat agteraf transaksies in die geheim van meet af aan ontwerp is om sy mededinger te bevoordeel.

Die bewerings van korrupsie het bygedra tot vertragings in wat beplan is as ‘n vinnige antwoord op SA se energie-ellende, berig Fin24.

Leave a Reply

error: Content is protected !!