Skip to main content

Die Parkweg SAPD in Bloemfontein se Tracing Intervention span het ‘n 36 jarige verdagte in hegtenis geneem wat waardevolle oudhede in sy besit gehad het.

Vrydag omstreeks 05:20 het die span inligting ontvang oor ‘n verdagte wat na bewering in besit was van Krugerrande.  Hulle het die inligting opgevolg en ‘n man met ‘n plastieksak vol oudhede gearresteer.

In die plastieksak en in sy broek se sakke is daar antieke horlosies uit die 1800s, ‘n verkyker wat dateer uit die tydperk van die Anglo Boereoorlog, antieke messe, medaljes en muntstukke gevind.  Alles ter waarde van ongeveer R600 000.  Die verdagte kon nie aan die polisie ‘n verduidelik gee of bewyse lewer waar hy die waardevolle stukke gekry het nie.

Die verdagte verskyn binnekort in die landdroshof in Bloemfontein weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Leave a Reply

error: Content is protected !!