Skip to main content

Drie fietryers, waaronder die 57-jarige Gert Vermeulen, is omstreeks 08:00 Saterdagoggend oorval deur vyf onbekende mans. Vermeulen is tydens die voorval doodgeskiet.

“Die verdagtes het skote op die slagoffer afgevuur en hom toe van sy fiets beroof, voordat hulle van die toneel gevlug het,” sê lt.kol Mavela Masondo.

Die voorval het op ‘n fietsroete naby Olievenhoutbosch, ‘n informele nedersetting langs Centurion, plaasgevind.

‘n Saak van moord en roof word ondersoek. “Die polisie vra dat enigeiemand met inligting oor die verdagtes, hul naaste polisiestasie, of die Stop Misdaad nommer 08600 10111 sal kontak.”

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!