Skip to main content

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) ondersoek ‘n saak van aanranding waarby elf van sy lede betrokke was.  Die aanranding het glo Vrydag plaasgevind, nadat die drie mans geweldadig begin raak het teenoor metropolisiebeamptes wat nie hul voertuig aan hulle wou terugbesorg nie nadat dit op 2 Oktober 2021 deur die metropolisie in beslag geneem is.

Verdere ondersoeke het gelei tot die inhegtenisneming van elf TMPD-lede wat na bewering betrokke was by die aanranding van die drie mans.  Die TMPD se eenheid vir interne ondersoeke het opdrag gekry om hierdie aangeleentheid verder te ondersoek, en ‘n dissiplinêre proses teen die elf lede sal volg.

Die publiek word versoek om enige korrupsie of omkopery waarby TMPD-lede betrokke is by 012 358 7095/6 aan te meld of alternatiewelik by TMPD se interne ondersoeke te skakel by 083 657 29

Leave a Reply

error: Content is protected !!