Die ANC sal tien teen een alles wat in die land uitmekaar val tot hul voordeel gebruik. Een só ‘n voorbeeld is Zithobeni-township in Bronkhorstspruit.
Nadat stad Tshwane die plaaslike pompstasie verlede week afgeskakel het, dra dit by tot ‘n reeks waterprobleme wat die stad al vir jare teister, berig Sunday Times.
‘Ons is bang’, het ‘n 20-jarige gesê tydens ‘n besoek aan die Zithobeni-township. “Die water uit die kraan is nie skoon nie. Soms, as dit in die emmer bly, is daar geel dinge op die bodem en stink dit na twee dae.”
Inwoners hier is bang dat, as hulle nié vir die ANC stem nie, hul waterprobleme nooit opgelos sal word nie.