Skip to main content

Nadat ‘n motoris Saterdagoggend deur ‘n padblokkade in Khutsong aan die Wes-Rand gejaag het, is ‘n polisiebeampte dood.

Ao. Jan Christoffel Esterhuysen was besig om die vloei van die verkeer te beheer, toe ‘n 20 jarige motoris deur die blokkade gejaag het en Esterhuysen sowel as ‘n stilstaande motor getref het.

“Die bestuurder het van die toneel probeer vlug, maar ander polisielede kon daarin slaag om hom vas te trek,” sê polisiewoorvoerder, brig. Brenda Muridili.

“Ao. Esterhuisen is na die hospital gehaas waar hy aan sy beserings beswyk het.”

Volgens Muridili het die verdagte vermoedelik dronk bestuur.

Esterhuyzen het 27 jaar se lojale diens aan die polisie gelewer.

 

Leave a Reply