Skip to main content

Die polisie in Zimbabwe is besig om mense in nagklubs en drinkplekke aan te keer wat nie bewys kan lewer van hul inenting teen Covid-19 nie.

Die voorgeskrewe boete vir die drink van ‘bier op ‘n gelisensieerde perseel sonder bewys van inenting’ is $2 000 (sowat R150).

Daarbenewens kan paspoortlose drinkers tot ‘n jaar tronk toe gestuur word.

Die regering het nagklubs en kroeë verlede week Dinsdag oopgestel, 19 maande nadat die Covid-19-inperkings ingestel is.

Leave a Reply