Kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 jaar sal vanaf volgende Woensdag in aanmerking kom vir Covid-19-inentings.
Die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het gesê kinders sal slegs vir een dosis van die Pfizer-entstof in aanmerking kom. Die departement monitor gevalle van ontsteking van die hartspier wat by jong mense aangemeld is nadat hulle ‘n tweede dosis Pfizer-entstof ontvang het.
Elektroniese registrasie sal vanaf Woensdag oop wees met inentings wat dieselfde dag begin.
Ouers hoef nie toestemming te gee dat hul kinders ingeënt word nie. Daar is ongeveer ses miljoen kinders in die groep.