Skip to main content

‘n Man van die Noord-Kaap wat sy pa en ‘n vriend in ‘n woedeuitbarsting vermoor het, is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.

Dinsdag het Renaldo van Wyk (31) in die Groblershoop-landdroshof verskyn.

Die Noord-Kaapse Polisiewoordvoerder, Kol Sergio Kock, sê Van Wyk en sy pa, David Malo (52), was op 6 Februarie vanjaar in ‘n hewige woordewisseling betrokke toe Malo twee keer in die rug gesteek is met ‘n mes.

Van Wyk se vriend, Johnny Ntlokwana (26), is ook een keer in die bors gesteek.

Albei slagoffers is op die toneel dood.

Leave a Reply