Skip to main content

‘n Wes-Kaapse man van 23-jaar sal nou die grootste deel van sy volwasse lewe in die tronk deurbring. Die Caledon-landdroshof het hom tot 50 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede gevonnis.

In 2019 het Sheldon Davids twee vroue, onder wie ‘n bejaarde, in afsoderlike voorvalle wreed aangeval en beroof. Die misdade het in die Overberg-streek plaas gevind.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, AO Joseph Swartbooi, het Davids ‘n vrou op 3 Augustus in haar huis oorval en met ‘n fiets oor die kop geslaan. Die vrou het na die aanval in die hospital beland met ernstige kopbeserings.

‘n Paar dae later, op 9 Augustus, het Davids ‘n bejaarde vrou ernstig beseer toe hy haar beroof en op die vloer neergegooi het.

“Die vrou het ernstige beserings aan haar gesig opgedoen en moes gevoglik rekonstruktiewe chirurgie ondergaan” se Swartbooi.

Davids was kort na die voorvalle in hegtenis geneem en hy was tot sy vonnisoplegging in aanhouding.

Leave a Reply

error: Content is protected !!