Skip to main content

Adele du Toit, woordvoerder van die SA Rooibosraad (SARK), sê meer en meer navorsing ondersteun die belangrikheid van ‘n gesonde leefstyl, insluitend teedrink, as ‘n manier om depressie af te weer.

Tans vind ‘n derde van mense met angs en depressie nooit ‘n effektiewe terapie nie.

‘Navorsers het bevind dat gereelde teeverbruik ‘n sterk lineêre verband het met verminderde depressie.  Een studie het bepaal dat die relatiewe risiko vir depressie met 37% verminder word vir elke drie koppies tee per dag.  Die gesonde verbindings in tee stimuleer waarskynlik ‘n positiewe reaksie in die ingewande en brein, wat die bui verbeter’.

Navorsing oor plaaslik gekweekte Rooibostee dui op die stresverligende eienskappe en die vermoë om angs te verlig.

Wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch het bevind dat Rooibostee twee seldsame antioksidante bevat, naamlik aspalathin en nothofagin, wat die produksie van kortisol belemmer – ‘n streshormoon wat deur die byniere afgeskei word.  ‘n Bykomende voordeel is dat Rooibos kafeïenvry is.

Rooibos is ryk aan polifenole – verbindings wat in plante voorkom, insluitend flavonoïede en fenolzuur wat die liggaam bevoordeel en siektes bestry.  Dit help ook om bloedvate te verbreed, wat op sy beurt bloeddruk en angs verminder.

Wêreldwyd sien ons ‘n beweging na meer natuurlike maniere om verskillende siektes te behandel.

‘Aangesien navorsers hul begrip versterk van hoe verskillende tee op die liggaam inwerk en hoeveel daarvan verbruik moet word om die gewenste effek te verkry, is daar geen rede om mense nie aan te moedig om tee te drink as ‘n manier om die bui te verbeter nie.’

Leave a Reply

error: Content is protected !!