Skip to main content

Die polisie in Johannesburg het inligting opgevolg en 50 buitelandse burgers tussen 12 en 50 jaar aangetref waar hulle in ‘n huis in Zacharia Park naby Lenasia aangehou is.  Hulle is na bewering teen hul wil aangehou.

Volgens inligting is 50 buitelanders na Suid-Afrika gebring om met hul families te herenig, wat glo reeds in Suid-Afrika woon, maar nadat hulle die land onwettig binnegekom het, het die persoon wat hulle vervoer het geld van hul gesinne geëis om hulle vry te laat.

Hulle is tans in aanhouding. Die departement van binnelandse sake hanteer die saak verder.

Van die mense se gesinne is reeds in kennis gestel.  Dit is nog nie bekend van watter lande die mense afkomstig is nie.

‘n 49-jarige Verdagte is gearresteer, en hy sal Maandag in die landdroshof in Johannesburg verskyn.

Leave a Reply