Skip to main content

‘n Gewapende roof by ‘n juwelierswarewinkel in Centurion-winkelsentrum die afgelope Maandag het daartoe gelei dat twee verdagtes in hegtenis geneem is.

‘n 55-jarige man, die eienaar van die julwerieswinkel, is tydens die rooftog dood geskiet.

Volgens kol. Dimakatso Sello, ‘n polisiewoordvoerder, is die twee verdagtes (23 en 24), Maandagaand in Hillbrow aangekeer. Hulle was in besit van die motor wat glo gebruik was om van die toneel te vlug.

“Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat een van die verdagtes reeds gesoek word vir ‘n ander rooftog,” bevestig Sello.

“Die polisie is steeds op soek na die oorblywende verdagtes.”

Leave a Reply