Die keer was die myn-ongeluk by Nuttaboy, waar vermoedelik ongeveer 10 mense Woensdagoggend in ‘n uitgewerkte myntonnel gesneuwel het.
Volgens bronne na aan die ongeluk het vele delwers, sonder permitte, weer in die tonnels van die ou De Beersmyne naby Komaggas gaan delf. Verskeie tonnels het inmekaar gesak en die delwers toegegooi.
“Dit is nie seker hoeveel mense omgekom het nie, maar ons vermoed tussen vyf en tien,” het die bron vertel.
Niemand is tans seker hoeveel mense nog vasgekeer is en of daar nog enige oorlewendes is nie. Dit is ‘n baie ruwe en ontoeganklike area, volgens inwoners daar.
Nadat die nuus op sosiale nuusplatvorms gebreek het, was daar
ongekende reaksie en boodskappe van bemoediging aan die families van die slagoffers.
Baie inwoners voel dat armoede weer hier n rol gespeel het. Ander voel dat die delwers permitte moet kry, dan sal hulle nie onwettig diamante gaan delf nie.Verder is daar mense wat voel dat die groot mynhuise, soos De Beers, die diamantryke grond aan die plaaslike inwoners terug moet gee.
Dawid Markus is ‘n vurige aktivis vir die regte van die diggers, soos hulle hulself noem. Hy het juis onlangs ‘n nuwe politieke party, die National Economic Fighters, gestig om die saak van die diggers te bevorder.
baie getraumatiseerd. Ons sal ook nou probeer om ‘n gesamentlike operasionele sentrum op te rig om hulle te ondersteun. Nuwe inligting sal later deurgegee word.”
Cyril Warne van Komaggas en burgemeesterskandidaat van die Patriotic Alliance, het vertel dat die tonnels al ‘n week gelede begin val het.
Hy het ook genoem dat daar ongeveer 20 tonnels binne ‘n 800m radius is. Tot 170 mense delf soms op ‘n slag ondergronds, volgens hom.
“Die tonnels het tussen Woensdagoggend tussen 7:00 en 8:00 inmekaar gestort. Ek is teleurgesteld dat daar egter eers Donderdagmiddag reddingspanne na die toneel gestuur was.“
Luidens ‘n mediaverklaring van die Nama Khoi munisipiteit op Springbok gaan die operasionele sentrum versterk word. Verder sal die toneel beveilig word sodat reddingwerk kan begin.
* In Mei 2012 was verskeie delwers ook by die nabygeleë Bontekoe-myn deur sand, klippe en rotse toegeval. Dit is nie bekend hoeveel toe gesterf het nie, maar 10 lyke (waaronder twee Adams-broers van Nababeep) was later gevind.