Julius Malema, die EFF leier, het kinders in Emalahleni (voorheen Witbank) aangemoedig om kinders by ‘(amper) dosyne’ te hê. Sy redenasie is dat, as die mense wat so aanteel nie vir hulle kinders kan sorg nie, sal die regering wel ‘n plan maak. Die plan sluit natuurlik gratis voedsel, basiese onderrig en universiteitsfooie in.
Sy mond het net maanskyn en rose belowe, alles in ruil vir ‘n kruisie langs die rooi beretfoto’tjie, natuurlik.
Volgens Malema is vandag se jongelinge lui, want sy grootouers het soms tot 10 kinders gehad en niks oorgekom nie. Meer kinders = groter staatshulp, preek hy. Buitendien, voeg hy by, daar is genoeg geld in die land. As die huidige regering, volgens hom, R500 miljard in ses maande kan blaas, dan is daar mos genoeg geld in die regering se koffers.
Die hartseer saak is dat sy woorde as waarheid aanvaar word deur die arm goedgelowiges.