Melanie Veness, uitvoerende hoof van Pietermaritzburg en Midlands Chamber of Business (PMCB), het gewaarsku dat langdurige onderbrekings tesame met beurtkrag groot werkgewers uit die stad kan dryf, wat tot werksverliese vir honderde mense tot gevolg kan hê.
Veness het Maandag onthul dat verskaffers van motoronderdele vir groot motorhandelsmerke, waaronder Toyota en Volkswagen, ‘n ultimatum gestel is – lewer onderdele betyds of trek na ‘n ander stad.