Skip to main content

Misdadigers stuur miljoene e-posse uit met die hoop dat iemand die aas sal vat. Phishing is ‘n kuberaanval wat vermomde e-posse as ‘n wapen gebruik.  Die doel is om die e-posontvanger te bedrieg of mislei. Hulle stuur byvoorbeeld ‘n versoek van ‘n bank of ‘n nota van iemand in ‘n onderneming om op ‘n skakel te klik of ‘n aanhangsel af te laai.

Sommige phishing-swendelary het goed genoeg geslaag om golwe te maak:

Miskien was een van die mees gevoelige phishing-aanvalle in die geskiedenis in 2016, toe kuberkrakers daarin geslaag het om die voorsitter van die veldtog van Hillary Clinton, John Podesta, te kry om sy Gmail wagwoord aan hulle te verskaf.

Wees paraat. Hierdie kriminele aktiwiteite is besig om hand uit te ruk.  Lees ‘n boodskap twee maal. Maak deeglik seker dat dit veilig is voordat jy enige skakel oopmaak.  Indien daar enige onsekerheid is, ‘delete’ eerder die boodskap.  Rapporteer dit onmiddelik indien so ‘n boodskap van ‘n ‘bankinstansie’ af gestuur is.

👉 Druk op delete of ignoreer dit, want #JustOneClick kan tot #PhishAndCheats lei!

Leave a Reply

error: Content is protected !!