Skip to main content

‘n Tragiese busongeluk het die dood van minstens 10 mense Dinsdag op die N3 veroorsaak. Die ongeluk het naby die Bergville-afrit in KwaZulu-Natal gebeur.

Robert Mckenzie, die KZN Nooddienste se woordvoerder, sê die bus het die snelweg verlaat en in die bosse beland. Die Eldo Coaches bus het Dinsdag omstreeks 06:45 vanaf Durban-stasie vertrek. Die eindbestemming was Johannesburg.

“Daar is berigte oor veelvuldige sterftes en beserings. EMS is op die toneel om pasiënte te behandel. Ekstra hulp is onderweg,” het McKenzie gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!