Skip to main content

Twee mense, waaronder ‘n Duitse toeris, is dood nadat ‘n brand verlede naweek op ‘n luukse woonboot in Jozini, noord van KwaZulu-Natal, uitgebreek het.

Die South African Maritime Safety Authority (Samsa) ondersoek die brand aan boord van die passasierskip by die Jozinidam.

“Die luukse huisboot, bekend as Shayamanzi, was na berig word op ‘n vaart van twee nagte op die Jozinidam met vier bemanning en vyf passasiers. Samsa, en ander belanghebbendes, insluitend nooddienste, sal voortgaan om die situasie te monitor en die publiek op te dateer soos en wanneer nuwe inligting beskikbaar word.”

Leave a Reply