Die British Museum word daarvan beskuldig dat hy ‘versteekte kulturele eiendom’ uitgestal het. Dìt deur ‘n vooraanstaande menseregte-advokaat wat ‘n beroep op Europese en Amerikaanse instellings doen om skatte wat deur ‘verowerde mense of koloniale meesters’ gesteel is, terug te gee.
Geoffrey Robertson QC het gesê: “Die kurators van die British Museum het die wêreld se grootste ontvangers van gesteelde eiendom geword, en die grootste deel van hul buit word nie eers in die openbaar vertoon nie.”
Britse museums moet eerlik wees oor die feit dat hulle volgestop is met gesteelde goedere.
Hy het die museum gekritiseer omdat dit ‘n nie-amptelike toer met gesteelde goedere toegelaat het, ‘wat eindig by die Elgin-marmer, Hoa Hakananai’a, die Benin-brons en ander kulturele besittings’. Die drie items wat hy genoem het, word onderskeidelik deur Griekeland, Paaseiland en Nigerië terug gesoek.
Robertson het die museum daarvan beskuldig dat hy ‘’n reeks sorgvuldig gekonstrueerde leuens en halwe waarhede’ vertel het oor hoe die marmer ‘gered’ is deur Lord Elgin, wat dit daarna ‘wettig in besit geneem het.’
Die Britse museum is in besit van meer as 10 000 gesteelde items.
Dit is tyd dat dié items, sowel as die opbrengs uit uitstallings daarvan, terug gegee word aan die lande waaruit dit geplunder is.