Suid-Korea kan die eerste Asiatiese land word wat ‘n universele basiese inkomste implementeer as die Demokratiese presidentskandidaat die komende verkiesing wen.
Lee Jae-myung, wat die afgelope naweek die hoof-wedloop van die Demokratiese Party gewen het en op ‘n keer gesê het dat hy ‘n suksesvolle Bernie Sanders wil wees, het gewaarborgde maandelikse betalings, sonder enige voorwaardes, vir Suid-Koreane belowe as hy die presidentsverkiesing sou wen.
Ingevolge sy vyfjaarplan sou Suid-Koreane aanvanklik ‘n jaarlikse betaling van 1 miljoen won, oftewel R12,500, ontvang wat oor die jare uitgebrei sou word totdat inwoners maandelikse betalings van 500,000 won, oftewel R6,250, sou kry.
Dìs nou ‘n manier om die verkiesing te wen, Cyril.