Skip to main content

Net toe mense begin lag het omdat beurtkrag op ‘n baie ongeleë tyd begin gebeur, een wat die ANC duur sal kos in die verkiesing, sluit Johannesburg as stad ‘n kontrak met Kelvin, ‘n onafhanklike kragstasie, om tot 180 MW krag te voorsien.

Die woordvoerder van City Power, Izaac Mangena, het gesê dat die ekstra krag beurtkrag kan uitskakel.

Daar is ‘n meningsverskil vanaf Chris Yelland, ‘n ekspert energie-ontleder. Sy opinie is dat hierdie kragkoopooreenkoms juis gedoen is met die verkiesing in die oog. Dit is nog nie algemene kennis dat Kelvin kragstasie gaan ontmantel in 2026 nie. Yelland meen dat hierdie ooreenkoms nie werklik die stad se probleme met kragvoorsiening sal oplos nie.

Leave a Reply