President Cyril Ramaphosa het Maandag die munisipale verkiesingsdag op 1 November vanjaar amptelik as ‘n openbare vakansiedag verklaar.
Volgens waarnemende woordvoerder van Ramaphosa, Tyrone Seale, versoek Ramaphosa werkgewers om voorsiening te maak dat werknemers hul grondwetlike stemreg kan uitoefen.
Hy moedig ook alle geregistreerde kiesers aan om hul burgerlik plig te doen en die vakansiedag te gebruik om te stem.
Ramaphosa doen ook beroep op alle kiesers om alle tye die Covid-19-afsonderingsregulasies na te kom.