Skip to main content

Cilo Cybin is die enigste onderneming in Suid-Afrika met ‘n lisensie om dagga-produkte te verbou, te verwerk en te verpak. Hierdie maatskappy beoog om hul produkte teen Desember op die winkelrakke te vertoon.

Nog ‘n eerste is hul plan om op die aandelebeurs te lys. Volgens Gabriel Theron, uitvoerende hoof van Cilo Cybin, hoop hulle dat dit binne die volgende klompie maande sal gebeur.

Cilo Cybin se hoë-tegnologie binnenshuise verbouings- en verwerkingsfasiliteit net buite Pretoria lyk soos iets uit ‘n laboratorium-fliek; een wat hopelik ‘n lokettreffer sal word.

Leave a Reply