Skip to main content

Zweli, May en Dedani Mkhize se vingers is moontlik nóg langer as wat reeds bewys is.

Zweli Mkhize, destydse LUR vir finansies en ekonomiese ontwikkeling in KwaZulu-Natal, was reeds vyftien jaar gelede in die ‘kollig vir korruptes’ nadat sy vrou ‘n lening ter waarde van R11.8 miljoen bekom het uit Ithala Development Finance Corporation, ‘n staatsbeheerde maatskappy.

Nou is vroulief May in die kollig nadat R1.8 miljoen vanuit die Digital Vibes debakel, m.a.w. belastingbetalers se geld, tevoorskyn gekom het om ‘n lening vir die einste plaas terug te betaal.

Sowat R1,6 miljoen het ook uit die Digital Vibes-kontrak gestroom na ondernemings in besit van Zweli en May Mkhize se seun, Dedani.

Al die bedrae saam maak ‘n stywe total van R8.7 miljoen wat op ‘n skelm manier bekom is.

Dit sluit natuurlik die R3,4 miljoen se kontantbetalings in wat Dedani Mkhize na bewering van ontvangers van sommige van die opbrengste uit die kontrak ingevorder het, volgens die verslae van die SIU.

Dedani Mkhize het deur middel van die prokureur wat hom by die Spesiale Tribunaal verteenwoordig, ten sterkste ontken dat hy sulke kontantbetalings ontvang het.

Wanneer gaan die skelm staatsamptenare vir hul streke betaal?

Leave a Reply