Skip to main content

Bekkies se “ding” met die volstruis – en ander stories deur Gustaf Pienaar

Dit gons op Vleesbaai ná Bekkies se “ding” met die volstruis. Waar het jy nou al van so iets gehoor? G’n wonder nie die assuransie-assessor het net sy kop geskud toe hy die vernielde Toyota-bakkie ondersoek het.

In hierdie rubriekbundel vertel Gustaf Pienaar staaltjies oor sy bure en familie; oor modelmotortjies en régte motorkarre. Daar’s iets oor vliegtuie en oor bekendes soos JFK, Churchill, Smuts, Vorster en Ian Smith. Vergeet ook nie die hand vol vermaaklike stories geïnspireer deur die skrywer se loopbaan as SAUK-omroeper en daarna as regspraktisyn nie.

Pienaar se skryfwerk getuig van ’n ondeunde sin vir humor, ’n uitstekende mensekennis en ’n wye belangstellingsveld.

Die perfekte boek om mee te ontspan aan die einde van ’n lang dag.

Leave a Reply

error: Content is protected !!