Takealot, wat altyd die aanlyn-kleinhandel titelhouer in Suid-Afrika was, het nou ‘n hele rits meedingers.
Everyshop – in besit van die JD Group en ‘n afdeling van Pepkor – is in April 2021 van stapel gestuur en bedryf 15 verspreidingsentrums regoor die land. Hul bied ook afhaalpunte in vennootwinkels aan.
Incredible Connection – ook in besit van die JD Group – bied sedert September 2013 die opsie om aanlyn te koop.
Makro, wat besit word deur Massmart, het gedurende die eerste ses maande van 2021 ‘n toename van 16,3% in aanlynverkope gehad. Die netwerk van die onderneming bestaan uit 23 fisiese winkels wat as verspreidingsentrums optree. Hulle het nou ook afhaalpunte by hul aanlyn-dienste gevoeg.
Loot Online is in 2003 gestig en het een van die top vyf aanlyn-kleinhandelaars in Suid-Afrika geword. Die omstrede sakeman Iqbal Survé het in Maart 2015 ‘n meerderheidsbelang in Loot verkry deur Sagarmatha Technologies. Loot bied tans ‘n spesiale aanbieding vir 18 dae aan om sy 18de verjaardag te vier. Die promosie het op 1 Oktober begin, berig MyBroadband.