Skip to main content

‘n Noordwes beampte werksaam by die department van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake, bewaring en toerisme asook die eienaar van ‘n veiligheidsmaatskappy is in hegtenis geneem vir beweerde onwettige handel in renosterhorings.

Lede van die Groen Skerpioene en Valke het die twee mans Donderdagmiddag in hegtenis geneem.

“Die verdagtes het na bewering 17 renosterhorings van die Noord-Kaap na Noordwes vervoer in stryd met die permitvoorwaardes wat deur albei provinsies uitgereik is,” se Albi Modise, woordvoerder van die department van boshou, visserye en omgewingsake.

“Daar word ook beweer dat die mans betrokke is by die handel in renosterhorings deur permitte te gebruik om hul onwettige aktiwiteite te verbloem.”

Die verdagtes sal Maandag in die Mmabatho-landdroshof verskyn.

“Ondersoeke in die verband duur voort,” het Midise bygevoeg.

Leave a Reply

error: Content is protected !!