Die polisie in Middelburg het hulself verdedig nadat gewapende rowers op 4 Oktober 2021 in Mhluzi naby Middelburg op hulle begin skiet het.
Volgens berigte het ‘n span speurders inligting opgevolg oor twee rooftogte wat Saterdag 2 Oktober 2021 in Middelburg plaasgevind het. Die polisie het twee van die verdagtes vasgetrek. Daar was ook beslag gelê op twee voertuie, ‘n swart en goue Audi A4, wat moontlik gebruik is tydens die rooftogte.
Die lede het daarna verdere inligting opgevolg in Mhluzi. Met hul aankoms het die verdagtes skielik op die polisie begin skiet. Die polisielede het begin terugskiet en een van hulle is in die voorval gewond. Een van die verdagtes het later aan sy beserings beswyk.
Die ondersoek duur voort.