Waar kan gaste hierdie asemrowende kunswerke aanskaf?
By die Saronsberg Kunsteater op Tulbagh. RISQUÉ/RISKANT – met Theo Kleynhans – is môre, Saterdag 9 Oktober 2021, oop. Daar kan besoekers vanaf 11h00 ongewone keramiekwerke en skilderye onder oog kry wat gewaagde intimiteit tydens Covid-19 werp in ‘n heel ander lig toon.
Ervaar saam met die kunstenaars die gevare en hul vrese met betrekking tot omhelsing en handgroet via die risiko’s rakende seksuele kontak. Kyk saam met hulle verby dubieuse religieuse menings na mees persoonlike uitbeeldings van vrese vir water na erge kinder-trauma.
Gaste kan ‘n ryk skat van kunswerke met fyn insig, digterlike aanslag, humor en gevorderde vernuf te wagte wees. Nie vulgêre skokdrama nie.
Kleynhans gee verduideliking tot die werke wat die inhoud ontluik in veel meer as die oppervlakvertoon van hedendaagse vrese of die banale seksuele.
Die stoutmoedige is wel teenwoordig, die twyfelagtige, vermetele en alarmerende, maar veel meer ook die avontuurlike problematieke van deesdae se jonkwees, of skielike verwankelde oud.
Die tentoonstelling is al byna uitverkoop maar word tans op aanvraag aangevul vir die kort tydperk van 2 weke wat oorbly.
Voorwaar ‘n skitterende uitstalling wat niemand moet misloop nie!