Skip to main content

Op Woensdag 6 Oktober 2021 is 35 verdagtes vir poging tot moord in hegtenis geneem.  Die verdagtes het na bewering ‘n ontploffing veroorsaak. Daar is ook ‘n klag ingedien vir kwaadwillige saakbeskadiging en sameswering om misdaad te pleeg.  Die verdagtes is in hegtenis geneem by nommer 6 Lawrence Park, in die omgewing van Orkney.

Die inhegtenisnemings kom nadat ‘n groep van ongeveer 300 onwettige mynwerkers, algemeen bekend as “zama zamas”, die sekuriteitsbeamptes en later die polisie aangeval en op hulle geskiet het in ‘n poging om kos aan hul mede, onwettige mynwerkers te verskaf wat steeds ondergronds was.

Die skietvoorvalle wat omstreeks 18:30 plaasgevind het, het tot die dood van onwettige mynwerkers gelei. Vier lyke is in die omgewing van die skag gevind, een ongeveer 800 meter van die misdaadtoneel af, terwyl die sesde in die bosse naby Kanana Location gevind is.  Verskeie kospakkies en twee vuurwapens is op die misdaadtoneel gevind.

Die amptenare van die Independent Police Investigative Directorate (IPID) is onmiddelik na die toneel ontbied.

In ‘n poging om onwettige mynbedrywighede aan te spreek, werk die Dr. Kenneth Kaunda distrik span, wat bestaan uit verskillende eenhede soos die openbare orde polisie (POP), speurders, georganiseerde misdaad, nasionale intervensie-eenheid en forensiese medies, saam met ander rolspelers wat mynsekuriteit insluit.

Leave a Reply

error: Content is protected !!