Skip to main content

Die moringa oleifera, oorspronklik uit Indië en daar bekend as die mouroum,staan alom bekend as die wonderboom. Alle dele van die plant is eetbaar.

Die Universiteit van Mauritius het navorsing gedoen oor moringa oleifera. Dit sluit die evaluering van fitochemiese, biologiese en kliniese effekte in.

“Die blare is ryk aan vitamiene B, C, A en E wat baie goeie antioksidante is, omega 3-vetsuur, aminosure, minerale soos kalium, magnesium yster en ook selenium. Die blare is ook ryk aan proteïene. ‘n 100 g blare gee twee keer soveel proteïene en kalsium as ‘n koppie melk; twee keer soveel vitamien C as ‘n lemoen en soveel kalium as byvoorbeeld ‘n heel piesang. Tans is moringa te vind in kosmetologie en farmakologie. Die sade en blomme hou ook verskeie voordele in,” het dr Vidushi Neergheen-Bhunjun, dosent en navorser, gesê.

‘Die sade help om rumatiese gewrigspyn te verminder. Sommige mense neem die blomme in vir die afrodisiese eienskappe daarvan. Die blomme werk ook positief ten opsigte van die vloei van gal, dit wil sê, dit help om gal te sirkuleer en om die spysvertering te verbeter,” het Naturopath Imran Abdool gesê.

Vinay Kanhye, ingenieur van beroep, het in 2015 begin met die vervaardiging van infusie- en moringapoeier.

Sy onderneming het verskeie toekennings gewen, plaaslik sowel as in Europa.

‘Toe ons in 2015 begin het, het ons gemiddeld 1000 bokse per maand verkoop. Hierdie jaar verkoop ons byna 3500 tot 4000 bokse per maand. Ons het ook begin uitvoer na Reunion. Ons het ook kliënte in Frankryk, Engeland, Australië en Kanada. Hierdie vyf lande bly ons groot market,” het Kanhye, direkteur van Van Kanhye Health Foods, gesê.

Die Moringa-boom bevat baie medisinale eienskappe wat belangrik is vir die menslike liggaam. Die boom is ook deel van die kulinêre tradisie van Mauritius.

Leave a Reply

error: Content is protected !!