‘n Voormalige prokureur is aangekeer omdat hy na bewering meer as R1,2 miljoen se trustfonds gesteel het.
Ramolongwane Patrick Mariri is in September in hegtenis geneem en het op 01 Oktober 2021 in die hof vir gespesialiseerde handelsmisdaad in Pretoria verskyn op aanklagte van diefstal.
Na bewering het Mariri in 2017, toe hy as prokureur by RP Mariri Attorneys in Pretoria gewerk het, meer as R1,2 miljoen uit die prokureursfirma se trustfonds onttrek vir persoonlike gebruik.
Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die gelde afkomstig was van kliente wie se gelde in die trustfondsrekening inbetaal was deur die Road Accident Fund (POF). Die LSSA (The Law Society of South Africa’s) het Mariri sedertdien van die rol geskrap en Mariri kon dus vanaf 2017 reeds nie meer as ‘n prokureur praktiseer nie.