Die SA Inkomstediens (SAID) het vroeër vanjaar ‘n skenking van drie hamermeulens aanvaar om onwettige sigarette en ander tabakprodukte van lede van die SA tabakbedryf te vernietig, volgens interne dokumente wat uitgelek is, berig Fin24.
“As dit waar is dat die SAID sulke geskenke aanvaar het, dink ek dat die SAID dit moet oorweeg om dit onmiddellik terug te stuur,” het Johann van Loggerenberg, voormalige uitvoerende hoof van die SAID gesê.
‘Ek glo dat die SAID aan die publiek moet verduidelik hoekom hy dit sou oorweeg om geskenke te aanvaar van ‘n omstrede bedryf waar staatskaping en belastingbedrog duidelike te sien is.’
Die inkomste-invorderingsagentskap het nie gereageer op enige vrae van Fin24 oor die gerapporteerde skenking nie.