Skip to main content

‘n Jong kind en vier ander was Woensdagaand in ‘n botsing betrokke op die R555 tussen Middelburg en Stoffberg. Al vyf is dood en verskeie ander is beseer.

ER24 het sowat 40km buite Middelburg in Mpumalanga by die toneel arriveer om die wrakke van ‘n bakkie en ‘n motor in die middel van die pad te vind.

Die vier volwassenes en kind was nog in die voertuig vasgekeer en is op die toneel dood verklaar.

Dit is nog nie bevestig hoe oud die kind was nie.

Verskei ander mense, waaronder nog ‘n jong kind, is ook beseer en op die toneel behandel voordat hulle na nabygelee hospitale vervoer is.

Die omstandigehede rakende die voorval is nog nie duidelik nie, maar owerhede ondersoek dit.

Leave a Reply

error: Content is protected !!