Skip to main content

As dinge volgens plan verloop, kan die Enoch Mgijima Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap eersdaag ‘n koel(drank) burgemeester hê. Ken Clark, een van die kandidate, is die die eienaar van die koeldrankonderneming Twizza.

Clark is ook die voorsitter van Let’s Talk Komani, ‘n burgerlike groep wat twee jaar gelede gestig as ‘n forum vir ontevrede gemeenskapslede. Hulle het die munisipaliteit beywer om meer as R600 miljoen se skuld aan Eskom af te betaal en watertoevoer in die area te verbeter.

Leave a Reply

error: Content is protected !!