Skip to main content

Garth Millen Simpson (68) het Woensdag in die Glencoe-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nadat ‘n tienerseun verlede week op sy plaas doodgeskiet is.

‘n Skoot het verlede Dinsdag afgegaan tydens ‘n onderonsie tussen Simpson en die 17-jarige Qiniso Dlamini. Dlamini is doodgeskiet en Simpson is in hegtenis geneem.

Simpson word deur die staat beskuldig van moord met voorbedagte rade. Dit word egter vol gehou deur die verdediging dat die skoot afgegaan het toe die oorledene Simpson se vuurwapen by hom probeer vat het en dat die tiener sy eie dood veroorsaak het.

Die verdediging het ‘n video wat op ‘n selfoon geneem was, wat volgens hom sy weergawe steun, maar die staatsaanklaer weier glo om die video as bewysstuk te aanvaar.

In die video kan gesien word hoe Simpson eers ‘n waarskuwingsskoot afvuur voor Dlamini en twee ander mans hom takel. Dlamini het die vuurwapen probeer vat by Simpson toe die skoot klap en die seun in een stort.

Simpson het dikwels gesukkel met beeste wat vanuit die nabygelee informele nedersetting onregmatig op sy plaas gewei het. Op die dag van die voorval het hy ‘n trop beeste op sy plaas gevind en die beeste in die kraal toegemaak om vas te stel aan wie die diere behoort. Simpson se buurman het aangedui dat nege van sy beeste gesteel was en die beeste wat gevind is, stem ooreen met die beskrywing van die gesteelde beeste.

‘n Groep jong mans het na bewering op die plaas aangekom en gesê dat die beeste aan hulle behoort.

Die mans was baie aggressief en wou glo die slot van die kraal oopbreek.

Simpson het sy haelgeweer gaan haal om homself te beskerm en het hulle eers probeer afskrik met ‘n waarskuwingskoot. Die mans het hom oorrompel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!