Skip to main content

Liewe Katrien

Ek het ‘n crush op my beste vriendin. Ons ken mekaar al van laerskooldae af, en ons kom baie goed oor die weg. Ons is albei 17 en sy het sommerso in hierdie pragtige jong vrou verander. Vir haar is ek maar net ‘n tennismaat, en een op wie se skouer sy met gemak kan huil. Ek wens dat ek vir haar kon sê dat ek graag meer as vriende wil wees, maar ek is bang dit belemmer ons vriendskap.

BangJan

 

Liewe BangJan

Dit wat jou oorgekom het is nogal ‘n algemene gebeurtenis. Eerstens moet jy verstaan ​​wat op die spel is en besluit of dit die moeite werd is om jou gevoelens uit te blaker. As jy dit verkeerd benader kan jy jou beste vriendin vir altyd verloor, veral as sy jou nie in ‘n romantiese lig beskou nie.

En selfs as daar ook gevoelens van haar kant af is, en die romantiese verhouding uiteindelik uitmekaar val of nie werk nie, is dit moeilik om terug te keer na ‘n betekenisvolle vriendskap.

Probeer eerder om te bepaal of jou vriendin dieselfde voel voordat jy iets sê. Alhoewel jy dit reguit self kan vra is daar ‘n paar maniere waarop jy dit kan benader.

Ek reken die slimste manier is om ‘n gemeenskaplike vriend/in te vra om by haar uit te vind of sy ooit op ‘n romantiese manier aan jou sal dink. Op daardie manier word jul vriendskap steeds bewaar as die antwoord nie na wense is nie.

Sterkte!

Leave a Reply

error: Content is protected !!