Skip to main content

Die polisie ondersoek verskeie sake van diefstal onder valse voorwendsels waarby “valse profete” glo betrokke is.

Daar word beweer dat die verdagtes hulleself as profete voordoen en hoofsaaklik studente teiken. Hulle sal hul slagoffer stop en vir hulle begin profeteer.

In een van die gevalle is die slagoffer oorreed om haar skootrekenaar en haar selfoon saam te neem toe sy die profeet ontmoet het. Sy is na ‘n plaaslike supermark geneem om sout en water te koop.  Toe sy uit die winkel stap, was die profeet en haar kar met al haar besittings daarin skoonveld.

Die publiek word aangeraai om aandag te gee aan die volgende veiligheidswenke om sulke voorvalle te vermy.

*Moenie na vreemdelinge wat jou in die straat nader se stories luister nie, al klink en lyk dit hoe geloofwaardig.

*Moenie luister na geestelike advies wat deur vreemdelinge aangebied word nie.

*Egte profete sal nooit vra om jou persoonlike besittings op te gee of aandring op betaling nie.

Die publiek word versoek om hierdie misdade by hul naaste polisiekantoor aan te meld of wenke op MySAPSApp af te laai wat op enige slimfoon verkry kan word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!