Skip to main content

‘n Pa van Grasslands naby Bloemfontein is tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy sy biologiese dogter verkrag het.

Die man het in Februarie verlede jaar sy 18-jarige dogter se kamer binnegegaan en die meisie, wat reeds geslaap het, verkrag.

Die polisie het onmiddelik nadat die slagoffer die saak gerapporteer het, opgetree en die 42-jarige pa by sy woning gaan arresteer.

Die verdagte is sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.

Leave a Reply