Skip to main content

Kids Kicking Cancer

Kids Kicking Cancer is ‘n inisiatief wat in 1999 in Amerika begin is deur hul stigterdirekteur, Rabbi Elimelech Goldberg (Rabbi G), en hulle het vanjaar begin klasse aanbied in verskeie staatshospitale in Suid-Afrika.

Hulle leer die gees-liggaam tegnieke van gevegkuns (martial arts), asemhaling en meditasie om kinders te bemagtig om buite die pyn en ongemak van hul siektes te leef. Die getuienis van die transformasie wat kinders deur die program ondergaan, is wonderlik. As gevolg van hul siekte kom hulle bang en broos aan, maar vertrek bemagtig en versterk.

Kids Kicking Cancer bied programme en dienste aan vir kinders en jong volwassenes vanaf drie tot drie en twintig jaar oud. Om te verseker dat die program familielede insluit, is broers en susters ook welkom om aan te sluit. Alle dienste wat deur hul organisasie gelewer word, sowel as die KarateGi (uniforms) wat aan kinders op die program gegee word, is gratis.

Maak nie saak hoe groot of klein nie, elke donasie wat hulle ontvang, verseker die lang lewe van hul program. Hulle hoop is om elke staatshospitaal in Suid-Afrika te bereik sodat hulle soveel kinders as moontlik teen siektes en ongemak kan bemagtig.

Gaan na www.kidskickingcancer.co.za om ‘n verskil te maak en hulle te help groei.

Leave a Reply

error: Content is protected !!