Skip to main content

Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, vertel in sy outobiografie van sy stryd teen die drankduiwel, en hoe hierdie afdraende pad hom byna sy gesin gekos het.

Die man op straat weet nie werklik wat in ons Springbokke se lewens aangaan nie, en hy werp ‘n blik op van sy tye in die Bokkamp. Hy praat veral oor sy gedrag gedurende die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Engeland in 2015, en is skaam oor sy gedrag gedurende hierdie tydperk.

“Elke keer as ek tyd gehad het, het ek net gedrink. Ek was verveeld en het myself jammer gekry. Daar was ander ouens in dieselfde bootjie as ek wat altyd saam gekuier het, en dit was net te maklik vir my om in kroeë uit te hang en net lekker te kuier.”

Leave a Reply