Skip to main content

Tanitoluwa “Tani” Adewumi is nie sommer enige 11-jarige kind nie. Nadat hy vroeër vanjaar ‘n nasionale meester geword het – die 28ste jongste persoon om die titel te behaal – wil hy nou die jongste grootmeester van die spel word.

Die rekord behoort tans aan die 12-jarige Abhimanyu Mishra, maar Tani spandeer elke vry minuut om vinniger daar te kom. Hy gaan skool in New York, en oefen dan vir sewe ure wanneer hy by die huis kom. Op naweke oefen hy tot tien ure per dag.

Hy was die nasionale skaakkampioenskap in New York in 2019. Nie sleg vir ‘n kind wat in 2017 saam met sy gesin uit die noorde van Nigerië gevlug het omdat hulle bekommerd was oor aanvalle deur die ekstremistiese groep Boko Haram nie.

Hulle het in ‘n hawelose skuiling in Manhattan gewoon nadat hulle na die Verenigde State verhuis het.  Tani het in ooreenkoms om sy skoolgeld vry te spring by die skaakklub by sy skool, P.S. 116 in New York, aangesluit. Nadat hy die staatskampioenskapstitel ingepalm het, het baie deure vir hom en sy gesin oopgegaan.

“Een gesin het ‘n hele jaar se huur in Manhattan vooruit betaal, een gesin het vir ons in 2019 ‘n splinternuwe Honda gegee, en die Saint Louis Chess Club in Missouri het die gesin en die afrigters genooi om te kom kuier,” het Tani se pa, Kayode Adewumi, wat as eiendomsagent werk, vir CNN Sport gesê.

Leave a Reply