Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, generaal-majoor Zithulele Moses Dladla, het sy skok uitgespreek het oor die skietongeluk op 3 September waar ‘n sewejarige seun deur sy neef van 11 doodgeskiet is en het hy sy meegevoel met die Zide-familie oor hulle verlies gedeel.
Na bewering het drie nefies op Sondag, 3 Oktober omstreeks 10:40, saam gespeel by hul huis in Siqikini, toe hulle ‘n vuurwapen onder die bed gevind het. Terwyl een van die kinders, ‘n 11-jarige seun, met die 9 mm-pistool gepeuter het, het ‘n skoot afgegaan en Kwanele Zide in sy kop getref.
Daar word verder beweer dat die vuurwapen aan sy oupa behoort het. Die oupa is gearresteer en aangehou op aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Hy sal binnekort in die Libode landdroshof verskyn.
‘n Saak van moord is geopen. Die minderjarige is nie in hegtenis geneem nie. Die eienaarskap van die vuurwapen moet nog vasgestel word.