Die provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, luitenant-generaal Elias Mawela, het die swaar vonnisse van ses veroordeelde moordenaars in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg verwelkom. Die aanklagte teen die beskuldigdes sluit in moord, poging tot moord, die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen en die besit van ammunisie.
Zipho Mhlungu (27), Sipho Phindaphiwe Bhengu (28), Skhumbuza Shange (27), Phiwayinkosi Mthonti (28) en Bongani Ngubane (21) kry elk vier keer lewenslange gevangenisstraf en 79 jaar ekstra terwyl Cebelihle Ndlovhu (18) 179 jaar gevangenisstraf kry.
Speurdersersant Nkosingiphile Piyo Mthenjwa was aangestel om die skietvoorval wat op Goeie Vrydag, 19 April 2019 plaasgevind het te ondersoek. Vyftien verdagtes het die Nancefield enkelkwatiere in Soweto binnegestorm en skote begin afvuur. Die verdagtes het vyf slagoffers ernstig gewond en vier slagoffers doodgeskiet voordat hulle van die toneel gevlug het. ‘n Ondersoek deur Mthenjwa het aan die lig gebring dat die motief agter die Nancefield enkelkwartier-skietery die voortdurende bakleiery tussen groepe in die enkelkwartiere in die tydperk van 2018 en 2019 was.
Mthenjwa het al die beskikbare bewyse noukeurig saamgevoeg. Die inligting het daartoe gelei dat ses verdagtes op verskeie plekke in Gauteng en KwaZulu-Natal, naamlik Alexandra en Jeppe in Gauteng en Eshowe in KZN opgespoor en gearresteer is.
Sersant Mthenjwa se harde werk en deeglike ondersoek het die verdagtes, Mhlungu, Bhengu, Shange, Mthonti, Ngubane en Ndlovhu positief verbind het met die skietery in Nancefield, wat tot ‘n waterdigte saak teen hulle in die hof gelei het.