Skip to main content

Sinethemba Zungula, ‘n Oos-Kaapse man wat in Januarie 2019 skuldig bevind is aan roof, is verlede week in die hooggeregshof in Grahamstad tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.  Hy het ​​tereg gestaan op aanklag van moord, roof, poging tot moord, die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Volgens polisiewoordvoerder, Kaptein Ursula Roelofse, het drie mans die Maclear poskantoor op 15 Januarie 2019, om 08:40 beroof.  Een van die drie verdagtes was werksaam by die poskantoor.

Twee van die verdagtes het tydens die rooftog ‘n onbekende bedrag kontant geroof en ‘n Telkomvoertuig gekaap wat op dieselfde perseel geparkeer was.

Die polisie het die verdagtes agterna gesit. Die Telkomvoertuig is later naby ‘n grondpad gevind. Die verdagtes het verder te voet gevlug.

Die polisie het die verdagtes agterna gesit, ‘n skietery het losgebars en een van die verdagtes was in die voorval noodlottig gewond. ‘n R4-geweer was langs sy lyk gevind, en die verdagte was later geïdentifiseer as Sonwabile Somyalo.

Die kwaliteit ondersoek werk van die SAPD Maclear Speurtak het positiewe resultate gelewer.

Leave a Reply