Die saak teen Lauren Dickasen (40), ‘n Suid-Afrikaanse ma wat in Nieu-Seeland teregstaan vir die moord van haar drie dogtertjies, is uitgestel.
Die saak is uitgestel tot 18 Oktober terwyl Dickason nog sielkundige assesering ondergaan.
Op 16 September het haar man, dr. Graham Dickason, op die liggame van sy drie dogters, Liane (6) en haar tweelingsussies Maya en Karla (2), afgekom.
Lauren, ook ‘n dokter, is na ‘n hospital geneem en het twee dae later in die hof verskyn in verband met die kinders se dood.
Die Dickason-egpaar het ‘n week voor die moorde vanuit Suid-Afrika saam met hul kinders in Timaru aangekom en was in kwarantyn in Nieu-Seeland.
Graham het gese hy het reeds sy vrou vergewe en het mense gevra om vir haar te bid.